Seminarium-webwerf
Kliek op die skakel om na ons Seminarium-webwerf te gaan.
Die CGTS bestaan om God te verheerlik en sy koninkryk in hierdie wêreld uit te brei deur die kerk van Jesus Christus te dien, eerstens in Suid-Afrika, maar ook in die res van Afrika, om Christelike leiers uit alle lae van die lewe op te lei en te inspireer om die wêreld effektief met die evangelie te bereik en die kerk op te bou.
Ons bereik dit deur:
- Die onderrig van gereformeerde en evangeliese teologie, onbevange en gesagsvol, deur die veelsydigheid van ons kurrikula.
- Die ontwikkeling en instandhouding van gedifferensieerde kurrikula wat voorsiening maak vir verskillende vlakke van opvoeding en lewenservaring.
- Die integrasie van alle kursusse met die lewe en die bedieningspraktyk en die vorming van 'n gereformeerde, evangeliese spiritualiteit.
- Die gebruik van gemeente-gebaseerde afstandsonderrig met dinamiese seminaar-tipe opleiding in die vorm van 'n satelliet-model.
- Die werwing en bestuur van 'n fakulteit en personeel wat toegewyd is aan die Here Jesus Christus se heerskappy, God se roeping van mense uit sy kerk, en 'n hoë standaard van teologiese opleiding.
- Die voorsiening van goed-opgeleide kandidate vir die bediening en kerkplanters vir die Liggaam van Christus.